Run: Race Previous Next

5/31/2015

5:29 AM

87.8 km

9:34:05

6:33 km

Weather

  • Splits
  • Graphs
  • Map

Wait Initializing charts...

Notes

Nie my jaar nie.

Ek het 'n baie goeie race gehad en ek was tot net voor die hoenderhokke (Lion park, so 18km to go) nog oppad om 'n 07h26 finish te hê, waar ek skielik toe net baie sleg (duiselig) begin voel het. Ek het toe plat op my rug by een van die physio staties gaan lê om te kyk of ek die bloeddruk kan terug kry (wat gewoonlik my issue is op die lang goed). Hul het my toe eers opgehelp om na die mediese tent te loop daar naby. Daar op 'n stretcher het hul my ondersoek en my bloeddruk was toe redelik laag en was volgens hul baie dehidreer. My lyf het na 'n ruk toe bietjie in skok gegaan en ek het verskriklik koud begin kry en hul het my toegedraai in "space blankets". Hul wou my toe dadelik op 'n IV sit en hul het 'n ambulans ontbied, maar ek het verseg want die IV alleen sou my diskwalifiseer van die wedloop. Moes redelik baklei met hulle om dit weg te hou van my af! Volgens my was daar nog baie tyd oor in die wedloop en ek was bereid om dit uit te wag tot ek beter voel. Na meer as 1h30 (en 'n hengske klomp rehydrat, suurstof en energade) voel ek toe weer baie goed en spring toe op voor hul my kon keer. Maar soos jul kan dink, as jy reeds 69km gehardloop het en vir 90min stil gelê het, is die volgende paar tree nogal woes erg. Ek stap toe maar so paar KM voor ek weer begin draf het. Dit het vir eers baie broekskeur gegaan, maar later het ek so goed gevoel dat ek die laaste 3km teen 4min/km kon hardloop. Het darem die voorreg gehad om n ruk saam met Hazel Moller te hardloop so 5km voor die einde, maar wou nie hê dat sy na haar 10de Comrades in 10 dae my ook nog moes weghardloop nie.

Moes totale afstand en tyd aanpas (van GPS) om rede my GPS se battery ingegee het na 81km.

Comments